Troep 4 - Re-Unie - 7 April 2012

Plek            :    Melkbosstrand
Tyd             :    15h00
Wie             :    Lid plus enige gesinslede
Catering      :    Ultimate Spitbraai (Eddie Koen)
Kostes         :    R80.00 per kop + R50.00 per lid vir memorabilia
Bring saam :    Eie drinkgoed, eetgerei, kameras en staaltjies

Ons beplan 'n lekker kuieraksie en daar gaan 'n mikrofoon en amplifier wees sodat ons staaltjies kan deel met ons gesinne. Daar sal 'n opname gemaak word van al die verrigtinge en 'n DVD sal agterna ge-edit word (en gesensor indien nodig) en versprei word na die lede en hul gesinne. Enige ander idees, wat ons vooraf kan beplan, sal ook welkom wees. Dit sal ook nice wees as ons een of ander senior kommisaris kan kry as 'n gas om die ouens toe te spreek. Knoppies, ek dink byvoorbeeld aan daai Brigadier wat ons so raad gee.

Die doel van die re-unie is nie net om weer bymekaar te kom nie, maar om daardie groep ouens wat spesiaal was in die kollege weer bymekaar te sien. Ons het ons lewens direk na skool saam begin en nou is ons almal op aftree ouderdom. So kan ons ons lewens weer saam afsluit as 'n groep. Ek hoop ons kan soveel ouens moontlik bymekaar kry en 'n baie genotvolle middag he.

Alfie